Van Emmenis Arts

Oorspronklike Olieverf Skilderye

Die VAN EMMENIS-familie skilder oorspronklike olieverfskilderye op seil, leer, leiklip, bord en houtskywe.

Lariza van Emmenis

Lariza van Emmenis, gebore 11 Januarie 1977, is die oudste dogter van Paula van Emmenis.

Lariza van Emmenis begin op tienjarige ouderdom onder leiding van haar moeder, Paula, skilder en haar eerste skilderye, hoofsaaklik blomstudies, word verkoop terwyl sy nog in die laerskool is.

Sy behaal 'n eersteklas-matrieksertifikaat op sestienjarige ouderdom, en besluit om net deeltyds verder te studeer, terwyl sy skilder.

In 1997 verwerf sy 'n BA-graad (cum laude) en in 1999 'n BA-Honneurs-graad (cum laude) aan Unisa en daarna ‘n MA-graad (cum laude), terwyl sy haar in haar studiejare meer begin toespits het op voëlstudies en dierestudies, in die besonder die arende en groot katte van Suid-Afrika.

Tans is sy besig met haar doktorale studie aan Unisa.