|
Die Kunstenares
Opgedra Aan Paula van Emmenis
Lig vir my die sluier
Wat jou blou omhul
Verklaar aan my geheime
Wat jou rame vul.
Ver – verre rante
Met boom-omlynde kante,
Mistige wolke of malende kolke,
Vry vlug jou gees.
Mooier dan die Skepping
Die boom, die meer, die berg,
Die blom, die rots, die deining,
Wat selfs die siel kan terg.
Die hartseer van jou lewe
Kry uiting in jou werk.
Die aalwyn met sy dorings
Of dalk ‘n Roomse kerk.
Niks is meer verborge,
Jou oë sien daardeur,
Die werke van jou hande
Kan selfs ‘n God vereer.
Vir ‘n korte, enkele stonde
Het jy na ons gekom,
Mooier as jou verre berge
Of selfs die mooiste blom.
Vergeefs poog jy die noodlot
Alleen die hoof te bied.
Onthou van alle dinge
Alleen God’s Wil geskied.
Jack Gien, 1982
|