Van Emmenis Arts

Oorspronklike Olieverf Skilderye

Die VAN EMMENIS-familie skilder oorspronklike olieverfskilderye op seil, leer, leiklip, bord en houtskywe.

Stefan van Emmenis

Stefanus van Emmenis, gebore 26 September 1972, is Paula van Emmenis se tweede-oudste seun.

Vanaf `n baie vroeë ouderdom idealiseer hy sy oupa, Piet van Emmenis.

Hy is lief vir, en begaafd in verskeie kunsvorms, onder andere sang, musiek, beeldhouwerk, houtsneewerk en veral die skilderkuns.

Hy voltooi sy eerste skilderye ook reeds gedurende sy hoërskooljare.

Stefan deel sy oupa se groot liefde vir die veld en die natuurlewe, en hierdie liefde kom tot uiting in sy skilderwerk, wat hoofsaaklik natuur- en dierestudies behels.